Brood, Gebak

Ciabatta – met dik botter

38 comments

Ek is altyd so bietjie versigtig om brood te bak.  Maar ek dink ek het vandag die vrees oorwin.  Ek het n perfekte ciabatta gebak en dit was so maklik dat selfs n kind  dit kan doen. Heerlik met dik botter of sommer as n slepie om vleissous op te suig.  Jy sal n Kenwood of n elektriese klitser nodig he.  Die geheim le in die klits , want die gluten moet ontwikkel.  Moenie skrik as die deeg pap lyk nie  – dis soos dit moet lyk.

Ciabatta – met dik botter

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Brood, Gebak
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 500g koekmeel

  • 500 ml lou water

  • 1 pakkie (10g) kitsgis

  • 5 ml sout

  • 10 ml suiker

Metode

  • Voorverhit jou oond op 220 grade celsius.
  • Sit al al jou bestandele in jou Kenwoodbak.
  • Klits met die K-beater vir 12 minute – staan by die klitser want die klitser dans behoorlik rond.
  • Maak toe met kleefplastiek en laat rys tot dubbel die volume (ongeveer 45 minute).
    ciabatta 022
  • Spuit n bakplaat met spray en cook en strooi n dik laag meel oor dit.
    ciabatta 010
  • Krap die deeg uit op die bakplaat met n deegskrapertjie – vorm dit in n ovaal brood.
    ciabatta 025
  • Sit dit in die oond en sit n bakkie koue water ook in die oond – dit maak die kors lekker bros.
    ciabatta 028
  • Bak vir 20 tot 30 minute  – hou dit dop totdat dit hol klink as jy op dit klop en mooi bruin is.
    ciabatta 035
  • Nou eet jy die brood met dik botter of sleep dit deur vleissous.
    ciabatta 045
ciabatta 038

38 Comments

  1. marindakook

    Tessa, eet jouself blinkbek. Het jy dit gebak?
    Groete
    Marinda

    • Isabel du Toit

      Hallo Marinda
      Het vandag jou Ciabata gebak en dit het perfek gekom en is absoluut heerlik!
      Weldone!

      • marindakook

        Isabel ek is so bly. Ek was altyd skrikkerig vir die vreemde brood maar bak dit ook nou gereeld.

        Groete
        Marinda

        • More Marinda, gaan dit goed? Marinda, sourdough brood is een van jou gesondste brood om te eet, maar ek was van die veronderstelling dat dit met broodmeel gebak moet word, is koekmeel nie ongesond nie! Ek koop altyd by Lucky Bread Co in Brooklyn ‘n ciabatta of sourdough brood, ek het een gebak wat nie te sleg was nie maar hy het nie veel rysgate gehad nie, ek neem aan ek sal meer moet vou, jy sal die verskil kan agterkom in die smaak, ek moet hierdie sourdough bemeester want dis nogals duur om so ‘n brood te koop! Marinda waar bly jy? Ek gaan weer die resep wat ek het probeer! Dankie vir jou resepte ek geniet hulle baie!!

    • Barbara Boucher

      Ek gaan die Ciabata probeer ek is bang vir broodbak maar die lyk alom n wenner
      Groete uit die Baai

  2. Isabel du Toit

    Hallo Marinda
    Het vandag jou Ciabata gebak en dit het perfek gekom en is absoluut heerlik!
    Weldone!

  3. you’re an absolute genius!!!
    dankie!
    x

  4. My mond kwyl behoorlik gaan ciabatta probeer. Ek is opsoek na n quiche kors wat nie n flop is nie ek sukkel om die korse reg te kry. My lemon merinque se merinque bo op is ook pateties Kan jy help asb baie dankie

    • marindakook

      Volg die volgende stappe om die kors vir verskeie quiches te maak. Onthou net, as dit by deeg kom, is botter die ding.

      Die hoeveelhede onder is korrek vir al die resepte en ‘n losboom-quiche-pan van sowat 16 cm
      ◾ 200 g (360 ml) koekmeel
      ◾ 100 g (110 ml) botter
      ◾ 45 ml koue water

      Sit meel en botter in voedselverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg water bietjie vir bietjie by tot dit ‘n deeg vorm. Haal uit en maak deeg toe met kleefplastiek. Laat rus in yskas vir minstens 30 minute
      Die resep kom uit Sarie en B. Joubert het dit geplaas.

  5. Pieter Malherbe

    Ek wil weet of mens nie liewer broodmeel moet gebruik in plaas van koekmeel nie?
    Ek is nogal ‘n ou hand as dit by broodbak kom, die probleem is net dat brood gladnie meer na brood smaak nie. Die laaste keer wat brood nog na brood gesmaak het, was toe ek so 9/10 jaar gelede in Amerika by ‘n klein “take-away” eetplekkie ‘n “sub” gekoop het. Dit was die outentieke geur van brood waaraan ek gewoond was in my kinderjare.
    Ek dink dit het alles te doen met die feit dat die meeste saad deesdae geneties gemodifiseer word.

  6. Hallo Marinda. Wat doen ek as ek nie n elektriese menger het vd Ciabatta brood nie?

  7. Annette Botha

    Hi Marinda
    Jou Ciabatta resep is nr 1, baie dankie
    Ek soek na ‘n maklike vetkoek resep soos my ouma dit gemaak het lig en met daai groot rysgate. Help asb🙏🙏

  8. Chrystelle Dolphin

    Hi Marinda ek het Sondag vir die eetste keer jou Ciabatta brood gebak dit is beslis die moeite werd gewees. Kan ek bruinbrood meel gebruik? Of moet ek dalk helfte wit en helfte bruin gebruik? Kan ek bv rosyne of sade ook inwerk?

  9. Hy Marinda, ek wil graag jou Ciabatta bruid maak, maar ek het net ‘n elektriese hand klitser?? Help asb
    Dankie
    Marlene

    • More Marlene, jy kan met jou hand dit doen, maar sjoe jy sal iemand moet kry wat halfpad kan oorneem. . Die gluten moet net lekker ontwikkel

  10. Lynette Grobbelaar

    Hi Marinda. Ek dink jy is wonderlik.!!! Het al jou tv programme gekyk. Kan nie wag om jou boek te koop nie. Het dit nog nie raakgesien op winkel rakke nie. Ek het vandag jou Ciabatta broodjie gebak. Ek was so verras dat ek, wie nie eintlik n bakster is nie, sò broodjie uit die oond kon haal. Ek en my man het sommer dadelik met dik botter en tuisgemaakte suurlemoen marmelade van n vriendin n paar snye verorber. Heerlik …. gaan hom weer bak met warm sop inni winter.

  11. A van Graan

    Marinda jou brood lyk heerlik. Ek nou al 2 Kerr gebak maar sy Reis gate is nie groot nie….lyk meer soos gewone brood. Ek gebruik my Kenwood MAJOR TITABIUM met K Beater hy is n ronde tipe met hak Effek. Sien joune is plastiek meer soos jou gewone koek een. Nou weet ek nie. Kan dit gebeur sien ek vat 10gr suurdeeg op 4 kop meel…..

  12. Hi daar!
    My deeg het baie styf uitgekom – ek het 4 koppies meel en 2 koppies water gebruik. Wat doen ek verkeerd?

  13. Dirkie Fouche

    Hoe kry ek jou blog elke maand?

  14. Hi Marinda
    Jou broodjie is so maklik en heerrrlik! Dis nou koning!!!!
    Groetnis

  15. Marlyn janse van Rensburg

    Hi Marinda,
    Waar kan ek jou resepteboek te koop kry?
    Dankie
    Marlyn.

  16. Hi Marinda

    Stel jy die menger op laag of hoog?
    Watter nommer stelling gebruik jy?
    Help asseblief, hoor graag van jou.
    Goedheid en guns.
    Gx

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*