Hoofgereg, Rooivleis

Ma se groenboonbredie en koring

6 comments

Groenboonbredie is liefkos.  Dis om iets van jouself aan jou gaste en gesin te gee.  Dis edel kos wat mens diep behaag.  Ek het dit vir ons Saterdagaand gemaak met koring en pampoen.koring, boontjiebrede en pampoen blog 132

BESTANDELE;

  • 1,5 kg skaapvleis of beesvleis ( sorg dat daar n been aan is – ekstra geur)
  • 30 ml botter
  • 30 ml olie
  • 2 uie gekap
  • 3 toontjies knofffel gekap
  • 1 blikkie tamaties of 2 vars tamaties fyn gekap
  • 1  skil van n suurlemoen  plus  125 ml suurlemoensap
  • 125 ml worcestersous
  • 4 aartappels in blokkies gesny
  • 4 naeltjies
  • 5 ml fyn neut
  • sout en peper na smaak
  • 4 koppies of meer gekerfde groenbone ( ek sit soveel in soos wat in die pot kan pas)
  • 250 ml witwyn
  • 250 ml water
  • 20 ml mazina of bistrokoring, boontjiebrede en pampoen blog 042

NOU:

  1. sny die uie in ringe en braai tot glaserig in n pot in jou botter en olie.  Voeg die knoffel by en braai nog bietjie.koring, boontjiebrede en pampoen blog 003
  2. sny jou vleis in blokkies en braai tot liggies bruin saam met die uie en knoffelkoring, boontjiebrede en pampoen blog 009
  3. roer jou blikkie tamaties bykoring, boontjiebrede en pampoen blog 032
  4. gooi nou die res van die bestandele by behalwe die aartappels, groenbone en mazina/bistro en kook vir n uur met die deksel op. Onthou om die suurlemoenskil ook in te rasper op die fyn kant van die rasper.koring, boontjiebrede en pampoen blog 026
  5. skil jou aartappels en sit by die vleis in jou pot – kook nog vir 30 minutekoring, boontjiebrede en pampoen blog 037
  6. kap jou groenbone grof en sit ook by die vleis mengsel en kook vir nog 30 minutekoring, boontjiebrede en pampoen blog 021
  7. maak die mazina/bistro in ‘n koppie aan met n bietjie water en roer dit by jou bredie – dis net om jou sous te verdik
  8. Nou moet jy begin proe hoe dit smaak.  Voeg nou geurmiddels by na jou smaak.

Jy moet die bredie maar gedurig dophou. Ek hou van n lang sous saam met my bredie.  Vul aan met water as dit vir jou nie souserig genoeg is nie.  Die sous op rys of koring is n groot heerlikheid.koring, boontjiebrede en pampoen blog 126

KORING: tog te maklikkoring, boontjiebrede en pampoen blog 049

  1. was die koring onder lopende water
  2. sit dit in n pot en bedek dit met water
  3. laat dit saggies prut met die deksel skuins op – anders kook dit oor. Dit kook vir so 40 minute.koring, boontjiebrede en pampoen blog 062
  4. dreineer dit in n sif
  5. ek het net botter deur my koring geroer, maar hier het jy n vrye hand. Roer in waarvoor jy lus is: rosyne, pietersielie, neute, rissies,vrugte,groente ens.koring, boontjiebrede en pampoen blog 074

Die koring kan koud of warm geeet word.  Dit wat oorbly maak ek gewoonlik n slaai van vir die volgende dag.

6 Comments

  1. marindakook

    Tessa, geniet dit.
    Groete
    Marinda

  2. marindakook

    Tessa, ek kan mos bredies dwars deur die jaar eet. Geniet jou groenboonbredie.
    Groete
    marinda

  3. Dankie Marinda vir jou heerlike resepte dus mos huiskos wat ek mee grootgeword het.Jys so ‘n pragtige humble mensie.Jesues seën jou dat jy jou resepte daar uitsit vir ons!!You rock !!

  4. Ek is mal oor jou resepte So erg boer Afrikaans
    Jy is beslis op my gaan soek lekker resep lys jy kook baie lekker
    Dankie

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*