Hoender, Hoofgereg

Soet hoenderkerrie – gewone kerrie, huiskerrie

41 comments

Kyk, ek hou van Indiese, Maleise en Thai-kerrie.  Ek het egter groot geword met gewone boksie-soet-appelkooskonfyt-kerrie.  Dit vat my terug na my kinderjare.

Soet hoenderkerrie – gewone kerrie, huiskerrie

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Hoender, Hoofgereg
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 1 heel hoender

  • 1 ui

  • 30 ml olie

  • 2 knoffelhuisies

  • 4 aartappels

  • 1 hoenderekstrakblokkie of 10 ml poeierhoenderekstrak

  • 750 ml  warmwater

  • 2 lourierblare

  • 60 ml kerrie

  • 60 ml appelkooskonfyt

  • 60ml asyn

  • 60 ml suiker

  • 30 ml borrie

  • sout en peper na smaak

Metode

  • Ek het n heel hoender geneem en opgesny in porsies. Dit hoef nie presies gedoen te word nie.  Anders koop jy klaar hoenderporsies by jou winkel.
  • Sny jou ui in ringe en braai in olie tot glaserig. Braai nou jou fyngekapte knoffel saam met die ui. Sit jou hoender by en braai die hoender bietjie bruin.
  • Skil die aartappels en sny dit in kwarte.  Sit dit by jou hoender in die pot.
  • In n mengbak los jou hoenderekstrak in die warmwater op.
  • Gooi nou al die res van die bestandele in die mengbak by die hoenderekstrak.
  • Gooi dit oor die vleis in die pot en laat dit prut vir om en by 60 minute – dit behoort nou los van die been en lekker gaar te wees.
  • Om die kerriesous in jou pot te verdik.  Roer 10 ml mazina in 80 ml koue water tot dit n pasta vorm.  Roer dit deur jou kerriehoender en laat dit prut vir 10 minute.

Notas

  • Bedien jou hoender met rys en ertjies.  Die kleurkombinasie is mooi.  Ek geniet nog klein bietjie chutney by my hoender.

41 Comments

  1. Elizabeth Dockel

    Jou kos is rerig huiskos en so maklik om te maak met jou pragtige foto’s! Dankie

  2. Linda Marais

    Ek stem 100% saam en die uiteensetting is vir enige amateur moontlik om lekker kos te maak. Doen so voort.

  3. Linda dankie vir die terugvoer. Ek probeer dit so uiteensit dat my kinders dit sal kan kook. Dankie vir jou ondersteuning.

  4. Jy moet sommer vingers aflek!

  5. Dit is besonders!!!het dit baie geniet

  6. Rene Pereira

    Beste hoenderkerrie ooit !!

  7. marindakook

    Unchen, jy laat my hart sing. Hoop jy kan jou dogter nog lekker bederf met al die lekker kos.
    marinda

  8. Mandie van der Merwe

    Marinda hierdie was presies waarvoor ek lus was – ‘n doodgewone hoenderkerrie sonder al die frilletjies van vandag se dae! Dit was fantasties lekker en my laat terugdink aan my kinderjare toe ons nie sulke fancy spices en goed gebruik het nie. Wens ek kon dit op Pinterest spaar.

    • Mandie, dis mos maar die kos waarmee ons groot geword het. Dit bly eerlike kos. Ek is bly as jy dit geniet het.
      Groete
      Marinda

  9. Ralie Schoeman

    Ek het vandag die kerrie hoender in die oond gemaak! Sous in dieselfde kastrol gemaak waarin ek die hoender gebraai het. Het dit bietjie laat wegkook en toe oor die hoender gegooi en in die oond gesit. Verder dieselfde as in kastrol. Heerlik!! Dankie hoor!!

  10. Haai. Dankie fir die resep. Ek onthou nog toe ek dit s kinders by de nasorg geeet het.

  11. Magda Roux

    Vanaand maak ek die hoenner…. Dankie Marinda… Ek Hou nie v kos maak nie maar jou program en resepte laat my nou Hou van kos maak. So maklik…. Jy is nou my resepte boek. ❤️❤️

  12. Dawid Esterhuizen

    Heerlike smaak. Ek het die resep van die werk af vir my dogter van 15 jr aangestuur en sy het dit vir aandete voorberei. Dit was hemels, om die minste te sê. Hartlike dank vanaf ‘n Pa wie sy dogter bietjie selfvertroue kon gee EN terselfdetyd kon lippe af lek!

  13. Ek wil baie graag deel wees van hierdie heerlike resepte asb. Dal dit waardeer!
    Baie dankie!!

  14. Baie heerlik.
    Dankie🤗

  15. Absoluut heerlik – vanaand gemaak – nes my Skoonma dit altyd gemaak het! Baie dankie.

  16. Marinda, ek het gisteraand die soet hoender kerrie gemaak. O my word! Die lekkerste ooit! Soos Oom Oubaas sou sê “uit die boonste gestoeltes” Dankie dat jy hierdie heerlike resepte met ons deel. Ek gaan verseker jou boek koop.

  17. Hi Miranda. EK het die soet kerriehoender gemaak, en dis so lekker. Sal my gunsteling wees.
    Kathy

  18. Ek was lus vir gewone hoenderkerrie. Wat n treffer. Baie dankie dat jy jou resepte met ons deel

  19. Nadia Lucas

    Kan ek sommer growwe groente ingooi 1t minute voor einde?

  20. Heerlike hoenderkerrie. Ek het net so ‘n titseltjie gemmerpoeier bygesit. Lekker vir gisteraand se reëntjie wat geval het!

  21. Hierdie hoenderkerrie is beslis ‘n wenner. Ek het net so ‘n titseltjie gemmerpoeier bygesit en ‘n bietjie meer Maizena gebruik. Die mans om ons tafel het heerlik geëet Lekker vir gisteraand se reëntjie wat geval het!

  22. Dit is elke keer “to die for” heerlik verby! So bky ek het die resep ontdek en al n paar keer gemaak! Yummy!!!

  23. Veronica Havenga

    Ek’s ‘n groot fan!! Dankie vir die héérlike
    Kerriehoederresep, net soos al jou ander resepte eet my gesin hulle vingers af!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*