Bestanddele
- 1 heel hoender
- 2 uie, grof gesny
- 2 wortels, grof gesny
- 2 selderystokke, grof gesny
- 2 aartappels met skil aan, in kwarte gesny
- 3 suurlemoene
- 3 takkies tiemie
- 10 knoffelhuisies
- 100 ml hoenderaftreksel
- sagte botter om hoender in te vryf
- sout en peper
Metode
Was die hoender en klad droog met kombuispapier.
Plaas die uie, wortels, seldery, tiemie, 7 knoffelhuisies, 2 suurlemoene in skyfies gesny, die sap van een suurlemoen (hou die helftes om in die hoender te druk) en die hoenderaftreksel in ‘n oondbak.
Sout en peper die hoender en smeer dit oraloor met botter.
Plaas die twee halwe suurlemoene en 3 knoffelhuisies in die hoender se pens en sit dit op die groentebed in die oondbak.
Plaas die gesnyde aartappels rondom die hoender. Bedek met foelie en bak vir 60-minute tot gaar.
Haal die foelie af en bak tot goudbruin.
Maklik!