Ons het grootgeword met ingelegde koejawels en vla. Dit was n groot bederf vir ons. Dit was ons Sondagpoeding. Om dit te maak is net so maklik. En dis nou koejaweltyd.
Die beste koejawels is die wat nie te ryp is nie. Die sous se formule is soos volg: 250 ml suiker vir elke 500 ml water.
Bestanddele
- 4 kg geskilde koejawels
- 2 L water
- 4 koppies suiker
- 4 kaneelstokkies
Metode
- steriliseer jou flessies deur dit in ‘n pot met water te sit en dit vinnig te “kook” (eintlik moet dit net stoom) vir 5 minute. Haal uit en laat droog op ‘n rakkie
- kook die water, suiker en kaneelstokkies vir 10 minute
- intussen skil jou koejawels en sny dit in die helfte deur
- kook die koejawels in die stroop vir 5 minute
- sit die koejawels in die bottels en vul dit tot bo met die stroop – ek sit sommer ‘n kaneelstokkie in elke flessie
- maak dit styf toe en bere