Bykosse

Stamp en Stoot

Comments are Disabled

Ek het op reeks 4 episode 1 saam met Leatitia Solomons die grootword lekkerte gemaak.

 

STAMP EN STOOT

BESTANDDELE

500 g stampmielies
500 g suikerboontjies
75 ml olie
2 uie, in repies gesny
2 huisies knoffel
1 wortel geskil en in blokkies gesny
10ml  kerriepoeier

1 l  warm water

5 ml All Spice
2 blokkies beesaftreksel

Sout en witpeper

 

METODE
1.Week die stampmielies en boontjies oornag in warm water.
2. Dreineer die water en spoel dit goed af.
3.Meng die beesaftreksel blokkies  met die warm water. Kook die samp en bone vir 2 ure tot sag in die beesaftreksel.
4. Geur met sout en peper. Verhit die olie en braai die uie en knoffel. Braai die speserye saam met die uiemengsel.
5. Voeg die wortels  by .
6. Voeg 250 ml  warm water by en kook oor lae hitte tot die wortels sag is.
7. Meng saam met die stampmielies en boontjies. Voeg sout en peper by.

 

 

Comments are closed.