Bykosse, Gebak

Kaas- en Uiebroodjie

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 500 g bruismeel (self-raising flour)
  • 5 ml sout
  • 4 fyngekapte sprietuie (spring onions), met groen tippies en al
  • 65 ml gedroogde uievlokkies (jy kan dit los maar dis beskikbaar by Woolies)
  • 150 g klein blokkies sterk cheddarkaas
  • 500 ml karringmelk

Metode

Sif die meel en sout saam in ‘n mengbak.

Voeg sprietuie, uievlokkies en kaas by en meng liggies. Gooi karringmelk by en meng goed.

Skep in ‘n medium-grootte broodpan (21 x 11 cm) of enige ander vorm pan van jou keuse en bak teen 190 grade vir 45 – 60 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.

Bedien warm met knoffelbotter en tamatie salsa.

Maklik!

Comments are closed.