Bestanddele
- 125 ml klappermelk
- 125 ml sonneblomolie
- 1 groot eier
- sout na smaak
- 5 ml borrie
- 5 ml grofgestampte komynsaadjies
- 65 ml fyngekapte koljanderblare
- 250 ml bruismeel
Metode
Klits die klappermelk, olie en eier saam.
Geur na smaak met sout en klits die res van die bestanddele by.
Giet stadig oor so 1.2 kg gaar kerriemaalvleis in ‘n oondvaste bak.
Bak teen 180°C vir 30 minute of tot gaar en goudbruin.
Bedien 4 – 6 porsies saam met sambals en geroosterde knoffel-rotis.
Maklik!
Tjoen: Jy kan koeimelk gebruik en bietjie suiker, kaneel of enige ander soet-spesery by die mengsel voeg en dan oor vrugte giet vir ‘n lekker poeding. Of, jy kan fyn knoffel, rissievlokkies, kerriepoeier, fyngekapte koljanderblare en selfs ‘n vrugtige blatjang by die mengsel voeg vir ‘n Maleise geur. In die geval, vervang die melk met klappermelk. En natuurlik, vir ‘n groter gebak, kan jy als verdubbel.