Bestanddele
- 4 snye witbrood
- 125 ml sagte, plein roomkaas
- 30 ml versiersuiker
- 45 ml gesmelte botter
- 45 ml strooisuiker
- 5 ml fyn kaneel
Metode
Sny die korsies van die brood af en rol elke snytjie plat met ‘n wynbottel of ‘n koekroller.
Meng roomkaas en versiersuiker en smeer oor elke sny brood.
Rol elke snytjie op en verf oraloor liggies met die gesmelte botter.
Meng die suiker en kaneel en sprinkel op ‘n bord.
Rol die broodrolletjies in die mengsel om reg rondom met kaneelsuiker te bedek.
Pak die rolletjies op ‘n gesmeerde bakplaat en bak teen 180°C vir 20 minute of tot bros en goudbruin.
Lewer 4 rolletjies.
Maklik!