Nagereg

Klapper Panna Cotta

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 65 ml koue water
  • 15 ml gelatien
  • 400 ml klappermelk
  • 300 ml room
  • 125 ml strooisuiker
  • 10 ml vanieljegeursel (of 5 ml vanielje-ekstrak)
  • bessiestroop na smaak
  • vars bessies

Metode

Spuit 4 – 6 bakkies of vormpies met kleefwerende sproei en rangskik op ‘n bakplaat of skinkbord.

Giet die water in ‘n klein bakkie en sprinkel die gelatien oor.

Roer liggies en laat staan totdat die mengsel sponserig is.

Verhit intussen die klappermelk, room en suiker stadig en roer totdat die suiker opgelos is.

Voeg die gesponsde gelatien en vanielje by en roer totdat die gelatien gesmelt is.

Giet die mengsel deur ‘n sif in ‘n beker.

Vul die bakkie of vompies met die mengsel en sit in die yskas vir ‘n paar uur of todat die panna cottas gestol is.

Om te bedien, dop die bakkies of vormpies uit op individuele opdienbordjies, skep bessiestroop bo- op en langs die die panna cottas en garneer met bessies.

Lewer 4 – 6 porsies.

Maklik!

Comments are closed.