Bykosse, Groente

Foccacia in Drie Dele

Comments are Disabled

Bestanddele

Foccacia

  • 1 kg winkeldeeg
  • olyfolie
  • witwyn-asyn
  • growwe sout en varsgemaalde swartpeper

Babatamatie & Basieliekruid-deel

  • 250 ml babatamaties, gehalveer
  • 125 ml basieliekruidblare, grofgeskeur
  • 2 groot, dungesnyde knoffelhuisies

Drie Kase & Roosmaryn-deel

  • 125 ml dun skyfies Taleggio kaas (mozzarella sal ook doen, as dit moet)
  • 100 g rolletjie bokmelkkaas, in klein stukkies gebreek
  • 125 ml grofgerasperde Parmesankaas
  • 15 ml grofgekapte roosmaryn

Klassieke deel (hoeveelhede na smaak)

  • gerookte mozzarella skywe
  • dun knoffelskyfies
  • ansjovis-filette
  • ontpitte swart olywe
  • gedroogde origano

Metode

Smeer ‘n bakplaat met botter of spuit met kleefwerende sproei. Druk die deeg binne in die pan sodat dit die hele oppervlakte bedek. Prik die deeg met ‘n vurk en bak vir 8 minute teen 180°C.

Rangskik na smaak, die bestanddele hierbo in drie afsondelike dele oor die deeg. Bedruip na smaak met olyfolie en asyn en geur met growwe sout en varsgemaalde swartpeper.

Bak verder vir 15 minute teen 180°C of tot deurgebak.

Bedien 6 – 8 met ‘n slaai, sop of as happie saam met drankies

Tjoen: Sprinkel enige van die dele (of al drie) met gedroogde rooi brandrissievlokkies. En as jy lus is, kap sommer mildelike hoeveelhede varsgekapte kruie oor.

Maklik!

Comments are closed.