Nagereg

Steri Stumpie Stolpoeding

Comments are Disabled

Bestanddele

  • Steri Stumpie melk, geur van jou keuse
  • gelatien

Metode

Vul klein opdienbakkies (soveel soos benodig) of ‘n groot jellievorm van jou keuse met kouewater en gooi dan die water in ‘n maatbeker.

Dit sal bepaal hoeveel Steri Stumpie asook gelatien jy benodig.

Gooi jou plante met die water nat.

Kyk nou op die pakkie gelatien en bereken hoeveel jy nodig het om die hoeveelheid Steri Stumpie deeglik te laat stol.

Meet die gelatien af en sprinkel oor ‘n bietjie koue water in a bakkie.

Roer liggies en laat dit vir paar minute staan om te spons.

Verhit 250 ml van die Steri Stumpie (dit moenie kook nie) en roer die gelatienspons by tot die gelatien gesmelt is.

Gooi die res van die (koue) Steri Stumpie by en meng deeglik.

Giet die mengsel in jou bakkies of (nat) jellievorm en plaas in die yskas vir ‘n paar uur om te stol.

Bedien in die bakkies of ontvorm en sit op ‘n mooi opdienbak, gegarneer met vars vrugteblokkies of bessies en bedruip mildelik met ‘n heerlike vrugtestroop.

Maklik!

Wenk: As jy ‘n fênsie jellievorm wil gebruik, gebruik dan ongeveer 15% meer gelatien as wat die pakkie aanbeveel.

Comments are closed.