GROEN SEEKOSKERRIE
Bestanddele
- 15 ml sonneblomolie
- 50 ml groen kerriepasta (sien resep)
- 8 sprietuie, fygekap
- 10 ml koljandersade, gerooster
- 10 l komynsaadjies, gekneus
- 1 ml fyn naeltjies
- 30 ml vars knoffel, fyngekap
- 30 ml vars gemmerwortel, fyngekap
- 2 lemmetjies se skil, fyngerasper
- 15 ml lemmetjiesap
- 5 ml sout
- 325 ml hoenderaftreksel
- 1 blikkie klapperroom
- 65 ml suiker
- 600 g seekos en vis soos garnale, mossels, kalamariringe, ferm wit vis in 4 cm blokke gesny, ens – alles deeeglik skooongemaak en enige doppe en koppe verwyder
- 250 ml murgpampoentjies, in dun ringe gesny
- 250 ml suikerertjies (heel in die peul)
- 250 ml tatsoi of spinasie, kleinergeskeur
- 125 ml brokkoli blommetjies
- 125 ml fyngekapte pietersielie
- 125 koljanderblare, grofgekap
- 65 ml kruisementblare fyngekap
- 15 – 45 ml mielieblom (maizena), indien nodig
Metode
- Verhit olie in die pan.
- Braai die kerriepasta, sprietuie, koljandersade, komyn en naeltjies liggies in die olie.
- Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir so 30 sekondes of tot geurig.
- Voeg nou die lemmetjiesap en skil, sout, aftreksel, suiker en klapperroom by.
- Laat dit effens afkook tot dit begin verdik, of verdik met mielieblom gemeng met bietjie water tot glad.
- Voeg nou die hoender, suikerertjies en brokkoli by en laat dit kook vir 4 minute.
- Voeg dan die res van die groente by en laat liggies kook.
- Sit jou seekos in
- Proe en sit in wat jy voel dit nog kort.