Koffie en sjokolade trifle.
Bestandele:
- 200 ml room
- 15ml strooisuiker
- 4 eiers
- 45 ml strooisuiker
- 500g mascarpone kaas
- 1 blik karamel kondensmelk
- 100ml sterk koffie.
- 125 g vingerkoekies
- Koffielikeur
- Sjokolade
Metode:
- Klits die room styf saam met 15 ml strooisuiker.
- Klits die eiergele en voeg 45 ml strooisuiker stelselmatig by.
- Klits tot lig en romerig.
- Voeg die mascarponekaas bietjie vir bietjie by terwyl die menger loop.
- Voeg die karamel kondensmelk en sterk koffie by.
- Week 125 g vingerkoekies in koffielikeur.
- Sit dit onder in in 4 glase.
- Skep die sagte kaasmengsel op die koekies
- Laat stol vir ten minste 2 ure in die yskas.
- Besprinkel met gerasperde sjokolade vir opdiening