BRUIN HOENDER
BESTANDDELE
- 8 hoenderporsies
- Sout en peper
- 1 ui in ringe gesny
- 250 ml mayonaise
- 250 ml chutney
- 250 ml melk
- 1 pakkie sampioen, romerige hoender of wituiesop
- sout en peper na smaak
METODE
- Sny uie in ringetjies en plaas onder in ‘n oondbak
- Plaas die hoenderporsies op die uie en sout en peper na smaak.
- Strooi die soppoeier oor die hoenderstukkies.
- Meng die res van die bestanddele en gooi oor die hoender.
- Maak dit toe met tinfoelie.
- Bak dit vir 40 minute toe by 180C en dan oop vir 20 minute by dieselfde temperatuur totdat die hoender mooi bruin is.