Komkommblokkieslaai
Bestanddele
- 500 ml fyngerasperde komkommer gedreineer
• 1 klein ui gerasper
• 1 pak suurlemoenjellie
• 250 ml kookwater
• 125ml roomkaas
• 125 ml mayo
• Sout en peper
Metode
-
Maak die jellie aan met die kookwater
2. Roer die roomkaas en mayo by die jellie
3. Voeg die komkommer, ui, sout en peper by
4. Gooi in ‘n vierkantige ‘brownie’ glasbak wat uitgespoel is met yswater
5. Plaas in die yskas om te stol
6. Bedien in blokkies gesny