SINKPLAATAARTAPPELS
Bestanddele
- 800 g baba aartapels, afgespoel
• 80 ml geurige knoffelbotter (of meer, as jy daarna voel)
• 4 sprietuie (spring onions), fyngekerf met groen stingel en al
• 15 ml repies suurlemoenskil
• 45 ml suurlemoensap
• Sout en peper
• 2 – 3 wiele fetakaas, in 2 cm blokke gesny of gebreek
Metode
-
Kook die aartappels in ‘n pot met soutwater tot lekker sag. Dreineer en sit terug in pot.
2. Sit die knoffelbotter en sprietuie by en oor hoë hitte, laat die botter smelt. - Braai tot die sprietuie effens glaserig raak.
3. Sit die suurlemoenrepies en -sap by en met ‘n vurk, breek dan die aartappels grofweg op met die vurk.
4. Geur na smaak en roer die feta liggies deur (jy wil hê die kaas moet groterige stukke bly.) - Skerp ion a mooi bak en bedien.