Bestanddele
- 1 blik kondensmelk
- 3 blikkies melk
- 5 ml botter
- 2 eiers
- 60 ml Maizena
- 40 ml vla
- 5 ml vanielje geursel
- knippie sout
- 1 pak Tennisbeskuitjies
Metode
Smeer ‘n glasbak en plaas heel Tennisbeskuitjies in ‘n enkellaag onderin die bak as ‘n kors.
Kook die kondensmelk en 2 en ‘n half blikkies melk en botter in die mikrogolf vir 10 minute.
Klits die res van die bestanddele saam en meng met die melkmengsel.
Sit terug in mikrogolf vir nog 5 minute of totdat dit dik raak.
Gooi mengsel oor tennisbeskuitjies.
Sit in yskas om te stol.
Variasie: In plaas van heel tennisbeskuitjies, verwerk die beskuitjies in ‘n voedselverwerker tot fyn.
Voeg 60 ml gesmelte botter by en druk dan die krummelmengsel onderin die bak vas.
Plaas in die yskas vir ten minste ‘n uur om ferm te word voor die vulsel ingegooi word.
Maklik!