Seekos

Kerrievis

Comments are Disabled

Kerrievis

Bestanddele

  • 2 kg stokvis skoongemaak en ge-fillet
  • visspeserye
  • olie om vis in te braai
  • 1 bottel bruinasyn
  • 250 ml water
  • 200 ml suiker
  • 30 ml borrie
  • 80 ml kerriepoeier
  • 7,5 ml sout
  • 20 ml peperkorrels
  • 60 ml pekelspesery
  • 6 uie in ringe gesny
  • 6 lourierblare
  • 40 ml Maizena

Metode

Sny die vis in mote. Maak droog met kombuispapier. Gooi visspeserye oor en braai in olie tot net
gaar – nie pap nie.

Dreineer op kombuispapier.

Sit in die pot die res van die bestanddele behalwe die vis en die Maizena. Sit die deksel op en kook
vir 10 minute.

Neem ‘n bietjie van die warm sous en meng dit met die Maizena in ‘n koppie.

Gooi die mengsel terug by die sous en laat dit kook tot die sous begin dik word.

In ‘n plastiek of glasbak, gooi ‘n bietjie van die sous. Pak nou lagies vis en sous. Maak toe en sit in die
yskas. Hoe langer hoe beter.

Maklik!

Comments are closed.