Bykosse, Nagereg

Laat ons drink – likeur die soete verleiding

4 comments

n Mens kan nie van kos alleen leef nie.  En as jy die slag lekker geeet het, is daar min dinge wat kom by n likeurtjie.  Die likeur wat ek hier maak , is n basis vir ander likeurs.  Omdat dit n roombasis het moet dit in die yskas gebere word.  Dit kan tot 2 maande in die yskas hou – myne het nog nooit so lank gehou nie.laat ons drink - blog 036

 

BENODIG:

  • 1 blikkie kondensmelk
  • 250 ml room
  • 350 ml whisky – minder as jy van minder sterk houlaat ons drink - blog 026
  • 5 ml vanilla ekstrak
  • 5ml karamel ekstraklaat ons drink - blog 033

NOU:

  1. gooi die kondensmelk in n baklaat ons drink - blog 029
  2. gooi die room bylaat ons drink - blog 031
  3. gooi jou whisky inlaat ons drink - blog 032
  4. gooi dan jou vanilla en karamel ekstrak by
  5. sit dit in n voedselverwerker of klits dit baie goed saamlaat ons drink - blog 037

Ek het die bottels vol kokende water gegooi en n paar minute laat staan om dit te steriliseer.laat ons drink - blog 022

Die eertse bottel het ek net so gehou.laat ons drink - blog 045 Die tweede bottel het ek sterk koffie (80ml) by geroer om n koffie-likeur te maak. Dis n heerlike kersgeskenk oor hierdie dae.

Sit met jou voete op die koffietafel en dan se ek maar “Cheers”.laat ons drink - blog 034

4 Comments

  1. Betsie Bester

    Marinda…..maar die afferentjie lyk mos vir my al te smaakvol!!! :-):-):-):-)

  2. Elmien Roux

    Ek sien lockdown met nuwe oe!!!!!!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*