Ek het groot geword met my ma wat tjops ingele het in n kerriesous met baie uie. Sy het graag varktjoppies gebruik. By ons op die plaas het die tjops lank gele in die yskas – soms tot n week. Ek het myne net oornag laat le en dit was heeeeeeerlik.
BENODIG:
- 6 varktjops
- 30 ml olie
- 2 uie
- 7,5 ml fyn koljander ( opsioneel)
- 30 ml kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 30 ml suiker
- 60 ml asyn
- 30 ml appelkooskonfyt
- 500 ml water
NOU:
- gooi die olie in n pan op die stoof
- sny die uie in ringe
- braai die uie tot glaserig en strooi koljander oor – braai nog 3 minute
- meng kerrie, borrie, suiker, appelkooskonfyt, asyn en water in n bakkie
- gooi dit oor die uie en kook vir 5 minute
- gooi van die sous onder in jou braaibak vir n basis
- pak nou die tjops in lae in jou braaibak en bere in die yskas
Die volgende dag of aand pak jy n lekker vuur. As die kole reg is pak jou vleis op die rooster. Braai nou tot jou vet aan die vleis lekker gaar is. Sit die vleis terug in jou braaibak en maak warm in die sous oor die vuur. Laat dit so bietjie deurkook.
Hi Marinda,
Ek wil jou gelukwens met Marinda KOOK!
Hoekom dink jy nie daaraan om ‘n kosboek te skryf nie. Kosboeke is op die oomblik die beste verkopers.
Jy doen dit ongelooflik goed. Ek het so ‘n kontak of twee in die uitgewesbedryf.
Ek is ‘n oud-Huisgenoot fotograaf, maar werk deesdae vir myself.
Grioete,
Nardus Nel
nardus.nel@gmail.com
083-250-4711
Hi Marinda, ek is nie uitgewer, maar sit vanoggend oor dieselfde ding en dink – jou kookboek!.Ek geniet jou resepte verskriklik – al hele paar vir Jaco en Zak geprint met byskrif :met liefde van tannie Marinda!!!!!
Dis soooo kosbaar. Dankie Louise.
Dis djeeeeeeeeeerlik en val diep.
Die vark chops was ongelooflik lekker.
Self so lief vir ‘n vark tjoppie.
Dit was heerlik ge wees Baie dankie vir die resep. Het jy dalk n resep vir kerrie eiers
Ek het nie een nie, maar ek is seker jy sal een op die internet kry.
Marinda
Sal fie resep ook vir varknek werk.
beslis
Sal seker vir vark nek ook werk.
Kan heerlik wees met nek.
groete
marinda
Ek gaan dit die naweek uit toets.
Laat weet!
Dit is lip lekker! Ek het dit al so gemaak! Dit is die heerlikste tjoppie op die vuur!
Een van my gunstelinge. Geniet.
Die gisteraand WEER gemaak en bly treffer! Baie dankie. Dit laat my toe dink of mens dieselfde met hoenderstukke kan doen. Jy so iets al probeer?
Ian, my hart sing.
Jy kan beslis dieselfde met hoender doen.