As jy ooit gewonder het of jy lemon curd ( suurlemoensmeer) kan maak, dan se ek vir jou jy kan! Dis heerlik op n Pavlova gemeng met styfgeklitste room, op skons en as koekversiersel
Bestanddele
- 4 eiergele
- 150 g strooisuiker
- 100 ml vars suurlemoensap
- Skil van een suurlemoen fyn gerasper(zest)
- 90 g botter
- Knippie sout
Metode
- Sit n pot met kookwater op die stoof
- Sit n glasbak bo-op die pot. Die bak moet nie aan die water raak nie. Die water moet liggies kook
- Smelt die botter in jou glasbak en haal van die stoof af
- Klits die res van die bestanddele by die botter en sit weer jou glasbak op jou pot
- Nou klits jy vir omtrent 12 minute totdat dit begin dik raak. Gebruik n ballonklitser. As jy n lepel indruk en met jou vinger n strepie trek en dit gaan nie toe nie, dan is jou smeer reg
- Gooi in n botteltjie of flessie. Sit in die yskas
Met die witte maak jy n maringue