Ek het gister sousboontjies gemaak. Daar is gevra vir die resep. Ek gee dit graag
Bestanddele
- 1kg heerenbone – of rooi spikkelbone
- 750 ml asyn
- 500 ml suiker
- 5 ml sout
- 10 ml mazina
Metode
- Gooi die bone oornag in n bak en gooi toe onder koue water
- Spoel die bone goed af en sit in n pot. Tap genoeg water by sodat die bone toe is
GEEN SOUT NIE - Kook tot jou bone sag is. Ek sit die deksel so skuins op . Die water begin wegkook. Dit kan n tyd vat.
Die bone moet nie pap kook nie - Gooi die asyn, sout en suiker by. Roer deur en laat vir 20 minute kook. Nou moet jy proe. As dit te soet is, gooi nog asyn by, te suur nog suiker. Dit moet n suur smakie he
- Meng die mazina met 100ml water en roer by jou bone om die sous te verdik
- Gooi jou bone in gesteriliseerde bottels.
Geniet
Alles die moeite werd – ek belowe.