Ek het die sjokoladekoekresep by my ma gekry. Soveel keer gebak vir al wat ‘n funksie is. Dit is ‘n lekker klam koek en hou vir ten minste 3 dae. Hoe jy hom versier is in jou hande. Ek het myne bo- op met Caramel Treat en mooi blommetjies versier. Tussen die twee lae het ek bessiekonfyt en Caramel Treat gesit.
Bestanddele
- 4 eiers
- 340 ml suiker
- 40 ml appelkooskonfyt
- 2,5 ml sout
- 200 ml kookwater + 50 ml brandewyn
- 125 ml olie
- 125 ml kakao
- 500 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
Metode
- In jou mengbak klits die eiers,suiker, appelkooskonfyt en sout saam met ‘n elekstriese kitser totdat dit lig en romerig is.
- In ‘n beker meng die kookwater en brandewyn ,kakao en olie. Al die kakao moet opgelos wees.
- Sif nou die koekmeel en bakpoeier by jou eiermengsel.
- Voeg die kakaomengsel by en klits alles baie goed saam
- Smeer twee koekpanne en verdeel die mengsel tussen die twee panne. Stamp die panne op die tafel sodat al die lugblasies in jou deeg kan breek.
- Bak vir 30 – 35 minute by 180C
Laat die koek goed afkoel voordat jy dit versier.
Botterversiersel
- 500g versiersuiker gesif
- 250 g sagte botter
- 60 ml kakaopoeier
- 5 ml vanielje
- 60 ml melk
- In jou mengbak room die botter en vanielje to lig.
- Voeg die gesifte versiersuiker en kakao by en klits
- Voeg nou die melk by en klits.