Ek kan nie vir die resep hoeveelhede aanbied nie. Ek kan wel se dat dit een van die lekkerste pampoenresepte in pampoenland is.!!!!!!!!
Volg net die stadiums stap vir stap en geur dit na smaak.
- skil die pampoen en sny dit blokkies. Plaas dit in n oondbak
- strooi sout oor – nie te veel nie
- pak n paar kaneelstokkies/bas op die pampoen.
- sit lepels vol marmelade op die pampoen – soveel soos jou hart met jou praat.
- strooi nou ruim kaneelsuiker oor
- sit lepels vol botter bo-op die kaneelsuiker
- bak dit met foelie vir 30 minute en sonder foelie vir nog 30 minute by 180 grade Celsius
Jy hoef geen water by te voeg nie. Die pampoen trek self vloeistof onder die foelie.
Om kaneelsuiker te maak: 250ml suiker meng jy met 40 ml fyn kaneel.
Die pampoen is heerlik en het n vars sitrussmaak. Die suiker, botter en marmalade maak n karamelstroop onder in die bak. Ek twyfel of daar sal oorbly, maar indien wel – maak n pampoentert die volgende dag. Pampoen was nog nooit so lekker nie.
Mmmmmmmmmmmmm is maar al wat en hieroor will we fantabelooslik lekker
Groente mag ook lekker smaak – miskien sal kinders dit dan meer eet.
Ook al wanneer myne groente inkry…pampoen koekies…kan ek enige pampoen vir bogenoemde resep gebruik? want ons vrek oor butternut
Annemarie jy kan enige pampoen gebruik. Ook butternut.
Enige pampoen kan gebruik word. Lekker kook.