Bykosse

Romerige Sampioensous

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 30 ml elk, botter en olyfolie
  • 400 g portebelini sampioene
  • 375 ml room
  • sout, peper, neutmuskaat en basieliekruid

Metode

Verhit die botter en olie in ‘n groot pan en braai die sampioene totdat hulle drooggebraai, geurig en bruin is.

Gooi die room by en laat die room kook (roer gereeld) totdat dit vir jou smaak, genoeg ingedamp en dik geraak het.

Geur na smaak met sout, peper, neutmuskaat en basielie en bedien.

Lewer so 4 – 6 porsies saam met bros repies vark- of hoenderfilet.

Maklik!

Tjoen: As jy van daai fênsie blikkies Chanterelles (Franse sampioene) kan kry wat ons op die program gebruik het, dreineer so drie blikkies en gebruik dit in plaas van die vars sampioene.

Comments are closed.