Macaroni en Kaas
Course: Pasta30
minutes40
minutesBestanddele
½ pak macaroni
3 goeie Duitse worsies (bv Käsegriller), in klein blokkies gesny
750 ml melk
2 eiers, geklits
60 ml botter
60 ml meel
Sout en peper na smaak
250 ml gerasperde kaas
2 groot tamaties, in skywe gesny
rooipeper na smaak
Metode
- Kook die macaroni tot net gaar. Dreineer gooi dit in ‘n oondvaste bak. Voeg die worsies by, roer deur en plaas opsy. Meng 250 ml van die melk met die eiers en roer dit by die macaroni-en-worsiemengsel in.
- Maak nou ‘n witsous. Smelt die botter in ‘n pot en roer die meel in tot glad. Verwyder van die hitte en gooi die oorblywende melk geleidelik by terwyl jy aanhoudend klits. Sit die pot terug op die hitte en roer tot dit verdik het. Verwyder van die hitte en geur met sout en peper. Gooi die witsous oor die macaroni en sprinkel die kaas eweredig bo-oor.
- Rangskik die tamatie skywe bo-oor, geur tamaties met sout, peper en rooipeper, en bak in ‘n voorverhitte oond vir 30 minute teen 180º C of tot gaar en gestol. Maklik!
Notas
- Bedien 4 – 6 porsies met ‘n lekker slaai.
Ek is mal oor jou Resepte.
Dankie
Lekker eet!
Baie interesante en vinnige resepte
Geniet elke happie.
Hallo Marinda
Ek gebruik baie van jou resepte, want dis maklik en lekker en ek hou baie van kosmaak.
Vraag by jou macaroni en kaas resep. Is halwe pak 500g?
Gebruik sommer die hele pak.
Kom daar nog resepte asb
Ja, ek plaas gereeld nuwe resepte.