Broccolihoender
Course: Hoender30
minutes40
minutesBestanddele
Olie om uie in te braai
1 ui, in blokkies gesny
500 ml witwyn
250 ml water
2 naeltjies
2 takkies elk, roosmaryn en tiemie
4 hoenderborsies of een heel hoender
Sout en peper
300 g broccoli, opgebreek in stukke
1 pakkie sampioensoppoeier
500 ml melk
Kerriepoeier na smaak
250 ml mayonnaise
40 ml suurlemoensap
350 ml gerasperde kaas
Metode
- In ‘n groot pot, verhit die olie en braai die uie tot glaserig. Voeg die witwyn, water, naeltjies, roosmaryn, tiemie en hoender by en geur na smaak met sout en peper. Kook die hoender tot sag.
- Haal die hoender uit die pot, maar behou die kookvloeistof.
- Vlok die hoender en verwyder die vel en bene. Plaas die gevlokte hoender in ‘n oondvaste bak en plaas opsy.
- Plaas die broccoli in die hoenderaftreksel en kook tot net sag. Dreineer en plaas die broccoli bo-op die gevlokte hoender.
- In ‘n aparte pot, meng die sampioensoppoeier en melk en verhit stadig totdat dit begin verdik. Voeg die kerriepoeier, mayonnaise en suurlemoensap by en kook vir om en by 4 minute. Verwyder van die hitte en gooi oor die hoender en broccoli. Sprinkel die kaas oor en bak in ‘n voorverhitte oond vir 30 minute teen 180º C of totdat die kaas gesmelt het en die hoender warm is. Maklik!
Notas
- Bedien 6 porsies met oond-geroosterde groente.
ek geniet jou resepte sommer baie. dis Afrikaans en lekker en soos ons nou wil eet en leef. baie dankie!
Net liefde uit my. hart.
Dankie vir jou heerlike resepte. My seun wat in Engeland bly wil vir sy skoonfamilie in Romenie ‘n regte SA dis gaan maak. Ek stel toe Bobotie, geelrys met rosyntjies en Malvapoeding voor.
Dit was so maklik om jou resepte vir hom aan te stuur. Hy vra toe vir ‘n vinnige Chutney resep, want hy kan dit nie saamneem nie. En… maklik kyk net op Marinda se blad, alles is daar.
Nou hoef hy my ook nie meer te vra nie, hy weet nou van jou blad. Groete
My hart sing.