Bestanddele
- 65 ml groenkerriepasta
- 250 ml karringmelk
- 3 hoenderborsies, in 2-cm dik repies gesny
- sout en peper na smaak
- 375 ml Japanese broodkrummels (Panko Crumbs)
- 65 ml fyngekapte koljanderblare
- ekstra koljanderblare
Metode
In ‘n groot glasbak, meng tesame die groenkerriepasta en karringmelk.
Druk die hoenderrepies effe platter met jou handpalm en geur met sout en peper.
Sit die hoender in die karringmelkmengsel en bedek die bak met kleefplastiek.
Marineer vir minstens 30 minute of langer in die yskas.
Meng tesame die krummels en koljanderblare.
Plaas die mengsel in ‘n vlak sopbord.
Lig die hoenderrepies uit die marinade en druk elke repie aan beide kante stewig in die krummels.
Rangskik die repies in ‘n enkellaag op ‘n gesmeerde bakplaat en bak teen 190°C for 8 – 10 minute of totdat dit net-net gaar is en bedien.
Lewer 4 – 6 porsies saam met soetrissiesous en ‘n vars groenslaai.
Maklik!