Die reseppie is eendag uit nood gebore met verrykende gevolge. Dit bly op al my vriende se tafels in mangotyd. Elmari Kemp het my nou weer herinner aan die groot lekkerte. Hier is hy vriendin.
- 4 mangos geskil en in repe gesny
- groot houer ongegeurde jogurt
- 250ml bruinsuiker
NOU:
- Sny die mongos in repe en plaas onder in ‘n bak
- Gooi die jogurt oor die mangos.
- Sprikel die suiker oor die jogurt.
- Los die bedryf in die yskas onder gladwrap vir ten minste ‘n uur.
Daar gebeur iets wat ek nie weet wat dit is nie, maar dis ‘n diep lekkerte. Geniet dit.
Dit is ‘n HEERLIKE, ligte nagereg! GENIET!
Vriendin, dankie vir jou ondersteuning van die blog. My kinders en hul vriende soek altyd raad met basiese kos. Wil hul almal sommer gelyk help.