Nagereg

Warm dekadente sjokolade poeding – 6 porsies

7 comments

Daar is min dinge in die lewe wat so vergewe soos sjokolade.  Die nagereg is heerlik souserig.

  • 250 ml meel
  • 25 ml kakao
  • 125 g margarine of botter
  • 200 ml melk
  • 15 ml bakpoeier
  • 1 eier
  • 200 ml suiker

SOUS

  • 500 ml kookwater
  • 375 ml suiker
  • 20 ml kakao

Meng die sous tot die suiker opgelos is  . Gebruik n draadklitser.

NOU:

  1. Smelt margarine en melk saam.
  2. Klits die eier en suiker tot dit lig van kleur is.
  3. Meng  al die bestandele vir die beslag saam.
  4. Gooi die sous onder in ‘n gesmeerde oondbak.  Skep lepels van die beslag bo-op die sous.
  5. Bak vir 30 minute by 180 grade Celsius.

Bedien dit met vla of roomys.

7 Comments

  1. marindakook

    Dankie vriendin. Mens afhanklik van jou vriendinne as jy ‘n blog begin. Stuur een van jou staatmakers en dan plaas ek dit onder jou naam op die blog.x

  2. Elana Vermaak

    Ai, en toe het ek nou sommer ‘n lekker poeding ook so saam met die lamsblad en groentetjies……heerlik.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*