Gebak, Koeke

Rum en Raisin-koek

2 comments

Ek het  gespot en gese dat as jou drank opraak die aand, gee mense van die koek.  Ek wou ‘n lekker nat rum en raisin koek bak.  Na mislukkings en floppies het ek die resep saamgestel.  Dis heerlik klam en jy proe die rum!  As ek dit kan bak, kan jy ook.

Rum

STROOP: (maak dit eerste want dit moet afkoel)  In die mikrogolf smelt 250 ml suiker, 250 ml water en 100 ml rum.  Dit vat so 5 minute.  Roer dit todat die suiker opgelos is.

 

 

 

 

 

Blogfotos 027KOEK:

  • 250 ml koekmeel
  • 30ml bakpoeier
  • 30ml kakao
  • 5 ml sout
  • 250 g botter
  • 180g sjokolade ( een groot plak)
  • 5 eiers
  • 125 ml suiker
  • 80 ml rum

Blogfotos 028NOU:

  1. Smelt die botter, rum en sjokolade in die mikrogolf.  Om en by 2 minute – roer gereeld.  Sit suiker by en mikrogolf nog vir 2 minute – roer gereeld..
  2. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en kakao in jou mengpak.
  3. Meng die sjokolademengsel by jou meelmengsel.
  4. Klits noud die eiers een vir een by.
  5. Gooi die mengsel in ‘n tuitpan of losboompan wat gesmeer is en bak vir 40 minute by 180 grade Celsius.
  6. As die koek klaar gebak is, gooi dadelik die koue stroop oor en laat afkoel in die pan.

Blogfotos 032VERSIERING BO-OP  DIE KOEK

Smelt een plak rosyne en neuter sjokolade met 100 ml room.  Gooi oor die afgekoelde koek.

 

 

 

2 Comments

  1. Dis nou ‘n resep om te hou. Meel is uitsluitlik in my huis vir wisous, ek bak glad nie. Maar ek vrêk nou al te lank vir ‘n tipsy tert, niks wat my meer irriteer as ‘n boring ou malva poeding nie. Hierdie was maklik, en lekker om te maak, en ons hele familie het hom geniet. Ek het hom sommer in ‘n Pyrex glas bak gedoen. Sommer los roseintjies in gegooi voor ek oond aan gesit het. Baie dankie Marinda, ek sien hele paar resepte hier wat ek gaan beproef. Ek het oorspronklik hier geland na ek ‘n bobotie resep gesoek het.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*