OREO FUDGE
BESTANDDELE
12 oreo koekies grof gebreek
1 blikkie kondensmelk
4 x 150g slabs witsjokolade
METODE
- Gooi die kondensmelk en sjokolade in ‘n bak wat in die mikrogolf kan gaan.Smelt die sjokolade vir so een minuut in die kondensmelk. Roer en maak seker die sjokolade smelt as jy dit inroer.
- Roer die grof gebreekte oreo koekies deur die mengsel
- Sit bakpapier onder in ‘n bak en krap jou mengsel daarin uit.
- Los dit in die yskas sodat dit kan stol.Haal uit en sny in blokke.