Bykosse

Murgbene en Kappertjiesalsa

2 comments

Murgbene

Bestandele

  • 24 lekker dik murgbene
  • 65 ml kappertjiesade, gedreineer en grofgekap
  • 125 ml Italiaanse pietersielie, grofgekap
  • 4 heel sprietuie, dun gesny, groen stingel en al
  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoenskil, fyngerasper
  • 15 ml suurlemoensap
  • growwe sout en swartpeper na smaak
  • brosgeroosterde bruinbroodvingers

Metode

Rangskik die bene op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak teen 220 ºC vir so 15 minute of tot die murg deurgaar is en begin wegtrek van die bene. Maak seker jy haal die bene uit die oond voordat die murg begin uitborrel.

Meng die kappertjiesade, pietersielie, sprietuie, olie, suurlemoenskil en sap. Geur na smaak en sprinkel oor die murgbene.

Lewer so 4 – 6 voorgeregporsies saam met gebotterde roosterbroodvingers.

Maklik!

2 Comments

  1. Helllloooo dit bly nog die lekkerste lewerreseo. Gebruik dit altyd.
    Weet jy mens, ek soek daai resep wat jy vir jou kleinkind maak. Iets met pampoen en dis so drie goed opmekaar. (dink ek) weet net jou kleinkind vra daarna.
    Liefdes

    • Marinda Engelbrecht

      More Marius. Ek wonder of dit die sosaties is. Alles wat ek met hulle gemaak het kom uit my kinderboek: Marinda se Kinderkombuis met Sjef Sout en Prof Pretzel.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*