Rooivleis

Niertjiesmoor

0 comments

Herman Binge Niertjiesmoor

Hierdie is ‘n Suid -Afrikaanse afval-weergawe van die bekende Midde-Oosterste gereg, Shakshuka.  

Bestandele

  • 12 skaapniertjies
  • 65 ml botter
  • 30 ml sonneblomolie
  • 1 groot uit, in 1 cm blokkies gesny
  • 10 ml komynsade, grofgekneus in ‘n vysel
  • 10 ml gewone paprika
  • 5 ml (of na smaak), gedroogte brandrissievlokkies
  • 1 groot aartappel, in 1 cm blokkies gesny (sowat 325 ml)
  • 125 ml lam- of hoenderaftreksel
  • sout en peper na smaak
  • 500 ml kersietamaties, in kwarte gesny
  • 90 ml platblaarpietersielie, grofgekap
  • 15 ml knoffel, fyngekap (of na smaak)
  • 6 eiers

Metode

Dompel die niertjies in kookwater vir ‘n minuut, dreineer dadelik en trek die buitenste membraan af. Halveer nou elke niertjie in die lengte en sny alles uit wat jou pla.

Verhit die heflte van die botter en al die sonneblomolie in ‘n swart ysterpan (of jou mooiste pan) en braai die niertjies vining tot bruin. Skep uit en hou eenkant.

Braai die ui tot sag en roer die komyn, paprika en rissievlokkies by. Roerbraai vir ‘n minuut of tot geurig en voeg dan die aartappel en aftreksel by. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir so 6 – 10 minute of tot die aartappelblokkies sag is.

Voeg die res van die botter by en roerbraai tot die aartappels goudbruin is. Voeg nou die niertjies by en geur na smaak met die sout en peper. Roer deeglik.

Voeg die tamaties, pietersielie en knoffel by en roerbraai totd die tamaties sag en souserig is.

Maak nou 6 holtes in die mengsel. Breek ‘n eier in elke holte en maak die pan toe met ‘n deksel of swaar foelie.

Bak oor lae hitte vir so 4 – 8 minute of tot die eiers gaar genoeg is na jou smaak en bedien dan net so in die pan.

Lewer 6 porsies saam met ‘n roket- en avokadoslaai.

Maklik!

Niertjiesmoor

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*