Rooivleis

Soetsuur Lewer

2 comments

Herman Binge Soetsuur Lewer

Bestandele

  • 600 g lamslewer
  • 90 ml meel
  • 90 ml Bisto souspoeier
  • 10 ml BBQ spice-speserye
  • genoeg olie om vlak te braai
  • 500 g piepklein baba-uitjies (pickling onions)
  • 375 ml aftreksel
  • 65 ml bruinasyn
  • 15 ml Worcestersous
  • genoeg suiker om ‘n soetsuur sous te maak
  • genoeg mielieblom (Maizena) om die sous dik te maak, indien nodig
  • sout en witpeper na smaak
  • 65 ml platblaarpietersielie, grof gekap

Metode

Dompel die heel lewer in kookwater vir ‘n minuut, dreineer en trek die buitenste membraan af. Sny enige sigbare vet of are weg. Sny die lewer in 3-cm blokkies en sit in ‘n groot bak.

Meng die meel, Bisto en speserye in ‘n bak en sprinkel oor die lewer. Meng die lewer liggies sodat die mengsel al die oppervlaktes bedek. Skud die oortollige meelmengsel af.

Verhit genoeg olie in ‘n braaipan en braai die lewer vinnig aan alle kante. Moenie die lewer te lank braai nie, anders raak dit droog – die binnekant moet nog pienk wees. Verwyder uit die pan en hou eenkant.

Braai die uie in dieselfde pan tot sag en voeg dan die aftreksel by. Kook totdat die uie sag is, vir ongeveer 10 minute.

Voeg nou die asyn, Worcestersous en suiker by en laat die mengsel vir ‘n minuut of wat kook. Proe aan die sous – voeg nog asyn by indien dit te soet is en nog suiker by indien dit te suur is.

Plaas die lewer terug in die pan as jy gelukkig is met die smaakbalans van die sous. Laat weer kook vir so ‘n paar minute of tot die lewer gaar is en die sous verdik het. Indien nie, verdik na smaak met ‘n mielieblom-en-watermengsel.

Geur met sout en witpeper en roer die pietersielie deur.

Bedien 4 – 6 porsies met botterige kapokaartappels.

Maklik!

Soetsuur Lewer

2 Comments

  1. Amanda Rautenbach

    Lekker boerekos soos ouma en ma gemaak het.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*