Kom ons maak Naan So so lekker en so so maklik
Bestanddele
- 10 ml kitsgis
- 5 ml suiker
- 125 ml louwater
- 750 ml meel
- 2,5 ml sout
- 90 ml olie
- 90 ml ongegeurde jogurt
- 1 eier
Metode
- Sit die kitsgis, suiker en louwater in n koppie en maak toe. Los vir 15 minute
- Met n vurk klits die eier, jogurt en olie saam. Meng met watermengsel
- Sit die meel en sout in n mengbak. Begin die vloeistof stadig inmeng. Knie vir 7 minute. Maak toe en sit in n bak. Laat rys.
- Maak 8 balletjies. Rol uit en braai in n warm pan. Draai om. Smeer met n botter en knoffel mengsel. ( smelt 250 ml botter en 90 ml fyn knoffel in die mikrogolf)