Brood, Gebak

Bruinbrood

Comments are Disabled

Wat is nou lekkerder as ‘n snytjie warm brood met dik botter!  Die beslag gee vir jou 2 brode in die kleiner pannetjies. Altyd goed om iemand te bederf met vars brood.

Bestanddele

  • 1 kg bruinbrood meel
  • 2 x pakkies 10 g kitsgis
  • 10 ml sout
  • 60 ml suiker
  • 600 ml louwater

Metode

  1. Meng 200 ml van die  louwater, suiker en kitsgis in ‘n beker.  Laat dit staan vir 10 minute totdat dit so sponserig raak.
  2. In jou mengbak gooi jou meel en sout.
  3. Voeg nou die water met kitsgis by die meel en begin dit met ‘n vurk of jou hande inwerk.
  4. Voeg nou stadig die res van die water in en werk dit totdat jy ‘n stywe deeg kry.
  5. Strooi meel op jou kombuisoppervlakte en knie die deeg vir ten minste 10 minute op jou blad.
  6. Die deeg sal van jou hande afkom en elasties voel.  Smeer bietjie olie in jou mengbak en sit die deeg daarin.  Smeer bietjie olie op jou deeg.  Maak dit toe  met ‘n vadoek en laat dit rys tot dubbel sy grootte. ( As ek haastig is, of dit is koud, stel ek my oond op 35 C en sit dit in my oond toegemaak met ‘n lappie.)
  7. Smeer 2 broodpannetjies en verdeel die deeg tussen die pannetjies.  Maak weer toe en laat dit weer rys tot dubbel die grootte.
  8. Bak dit teen 180C vir 60 minute.  Klop op die brood en as dit hol klink, dan is dit gaar.

Comments are closed.