Hoofgereg

Nacho’s

2 comments

Vir Lize  Beekman het ek een van ons gesin se gunstelinge gemaak.  Dit klink na baie werk maar dit is nie.

Nacho’s

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Hoofgereg
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 500 g maalvleis

  • olyfolie om vleis in te braai

  • 5 ml komyn

  • 5 ml gerookte paprika

  • 1 blikkie Mexikaanse tamaties

  • 1 blik rooibone, gedreineer

  • sout en peper

  • 2 pakke Doritos-skyfies

  • 500 ml goudakaas

  • 500 ml blokkies fetakaas

  • 250 ml suurroom

  • 1 ryp avokadopeer

  • 1 bossie vars koljander

  • sap van ’n suurlemoen

  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

  • 1 ui, fyngekap

  • 1 tamatie, fyngekap

  • 1 rissie, fyngekap

Metode

  • Verhit die oond tot 180 °C.
  • Braai die maalvleis tot bruin in die olyfolie.
  • Voeg die komyn en paprika by en braai nog ’n bietjie.
  • Voeg die Mexikaanse tamaties by.
  • Voeg die rooibone by.
  • Geur met sout en peper en braai tot gaar.
  • Hou dit eenkant.
  • Sit die helfte van die Doritos-skyfies onder in ’n mooi plat bak wat in die oond kan gaan.
  • Skep die maalvleis bo-oor die skyfies.
  • Strooi die goudakaas en fetakaas oor die maalvleis en bak in die oond tot die kaas gesmelt is.
  • Skep die suurroom op die kaas.
  • Maak ’n guacamole deur die avokado, ’n handvol fyngekapte vars koljander, suurlemoensap en -skil te meng.
  • Geur met sout en peper na smaak en skep dit bo-op die suurroom.
  • Maak ’n salsa met die fyngekapte ui, tamatie en rissie deur dit te meng.
  • Geur met sout en peper na smaak en skep dit bo-op die guacamole.
  • Pak die res van die skyfies om die gereg en geniet.

2 Comments

  1. How can i get the recipes in English.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*