Nagereg

Ryspoeding

0 comments

Vir Lize Beekman het ek gewone ryspoeding geneem en dit ‘n ander smaak gegee. Probeer dit gerus.

Ryspoeding

Recipe by Marinda Engelbrecht
0.0 from 0 votes
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 30 ml botter

  • 330 ml rys

  • 2 blikkies klapperroom

  • 125 ml suiker

  • 1 vanieljepeul of 5 ml vanielje-ekstrak

  • 1 kaneelstokkie

  • 3 kardamomsade, gekneus

  • knippie sout

  • sjokoladeplak van jou keuse – kan melksjokolade, donker, lig of gemeng wees

Metode

  • Smelt die botter in ’n kastrol en roerbraai die rys tot al die korreltjies blink is.
  • Gooi al die res van die bestanddele behalwe die sjokolade by.
  • Nou moet jy deurentyd roer – dit kan maklik vasbrand.
  • Na 20 minute behoort dit so ’n romerige tekstuur te hê. Proe daaraan. Die korrels moenie pap wees nie.
  • Haal die vanieljepeul, kardamom en kaneelstokkies uit en gooi dit weg.
  • Haal van die plaat af en roer die sjokolade by.
  • Stroop
  • Gooi 125 g bessies (enige soort), 100 ml suiker en 100 ml water in ’n mikrogolfbestande bak.
  • Mikrogolf vir so 5 minute – roer en druk van die bessies pap.
  • Skep nou die ryspoeding in ’n mooi houer en skep die bessies bo-oor.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*