Nagereg

Ryspoeding

0 comments

Vir Lize Beekman het ek gewone ryspoeding geneem en dit ‘n ander smaak gegee. Probeer dit gerus.

Ryspoeding

Recipe by Marinda Engelbrecht
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 30 ml botter

  • 330 ml rys

  • 2 blikkies klapperroom

  • 125 ml suiker

  • 1 vanieljepeul of 5 ml vanielje-ekstrak

  • 1 kaneelstokkie

  • 3 kardamomsade, gekneus

  • knippie sout

  • sjokoladeplak van jou keuse – kan melksjokolade, donker, lig of gemeng wees

Metode

  • Smelt die botter in ’n kastrol en roerbraai die rys tot al die korreltjies blink is.
  • Gooi al die res van die bestanddele behalwe die sjokolade by.
  • Nou moet jy deurentyd roer – dit kan maklik vasbrand.
  • Na 20 minute behoort dit so ’n romerige tekstuur te hê. Proe daaraan. Die korrels moenie pap wees nie.
  • Haal die vanieljepeul, kardamom en kaneelstokkies uit en gooi dit weg.
  • Haal van die plaat af en roer die sjokolade by.
  • Stroop
  • Gooi 125 g bessies (enige soort), 100 ml suiker en 100 ml water in ’n mikrogolfbestande bak.
  • Mikrogolf vir so 5 minute – roer en druk van die bessies pap.
  • Skep nou die ryspoeding in ’n mooi houer en skep die bessies bo-oor.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*