Hoofgereg, Skaapvleis

Lamsrak met ‘n Senqu River Pistachio-krummelkors

0 comments

Ek weet dat lamsvleis duurder is as ander vleis, maar ‘n bederf so dan en wan kan niemand skade aan doen nie.  Ek laat nie die beentjies skoonmaak nie, want ons hou van die vet van die tjoppies.

Lamsrak met ‘n Senqu River Pistachio-krummelkors

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Skaapvleis
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 600 g heel lamsrak

  • 250 ml fyngekapte pistachioneute (ek het die fantastiese Senqu River-neute gebruik)

  • 250 ml broodkrummels

  • 15 ml fyngekapte roosmaryn

  • 20 ml olyfolie

  • 30 ml mostert

Metode

  • Braai die vetkant van die lamrak in ‘n warm pan bo op die stoof totdat die vet mooi bruin is. Laat die vleis afkoel.
  • Smeer die vetkant van die tjops met mostert.
  • Meng die res van die bestanddele en smeer dit oor die mostertgedeelte.
  • Sit ‘n rakkie binne in ‘n oondbak en plaas die lamsrak op die rakkie.
  • Bak dit oop by 180C vir 15-20 min.  Dan sal die lam nog mooi pienk wees . Indien jy dit gaarder soek los dit langer in die oond.

Tags

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*