Ons Cassata

 

Bestandele

Casata

  • 1 rolkoek
  • 750 ml room
  • 125 ml strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 ml fyngekapte kersies
  • 100 ml fyngekapte neute van jou keuse

Sous

  • 250 ml room
  • 4 x 80 g heelneut sjokoladeblokke
  • Aarbeie

Metode

Voer ‘n bak uit met kleefplastiek en plaas opsy. Sny die rolkoek in skywe en voer die bak daarmee uit.

In ‘n aparte bak, klits die room en strooisuiker tot sagtepuntstadium en roer die vanielje, kersies en neute by. Skep die roommengsel in die rolkoekbasis en bedek met kleefplastiek. Plaas in die vrieskas tot gevries.

Maak intussen die sous deur die sjokolade en room in die mikrogolf te smelt.

Dop die cassata op n mooi opdienbord uit en giet die sjokoladesous oor die cassata.

Bedien dadelik met aarbeie.

Maklik!