Maklik Met Marinda – Johann Engelbrecht

Hy is my beste maat, my lewensreis-metgesel, my beminde, my rots, die pa van my kinders en die oupa van Lea. Hierdie man is Johann Engelbrecht.

Watter voorreg was dit nie om die stil man van my voor die kameras en agter die kospotte te kry nie. Ons het letterlik en figuurlik gekook.  Soms het ons stoom afgeblaas en selfs binnekamer pret gehad – no “pan” intended. Die laaste program van die tweede reeks van Maklik met Marinda sal my altyd na aan die hart le, soos my man, Johann.

Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147.