Oreotruffels

Nicole Holm Oreotruffels

Bestandele

  • 2 x 176 g pakkies Oreo koekies, fyngemaak in voedselverwerker
  • 250 ml klapper
  • 3/4 bakkie gewone, sagte roomkaas (cream cheese)
  • 2 doppies brandewyn
  • Kakaopoeier soos benodig

Metode

Meng al die bestanddele saam in ‘n groot mengbak. As die mengsel te nat is, voeg bietjie meer klapper by. Rol nou die mengsel in ewe groot balletjies, rol elkeen in kakaopoeier en plaas in die yskas tot ferm.

Lewer 25 – 30 truffels.

Maklik!