Geroosterde Blomkool- en Tamatieslaai

Nicole Holm blomkoolslaai

Bestandele

  • ½ kop blomkool, in stukkies gebreek
  • 1 heel kop vinkel, in wiggies gesny
  • 2 uie, in wiggies gesny
  • 200 g babatamaties, gehalveer
  • Olyfolie
  • 15 ml tamatiepasta
  • 65 ml voorbereide groente-of hoenderaftreksel
  • 30 ml wit asyn
  • 90 ml olyfolie
  • 65 ml sprietuie (die groen deel), in skyfies gesny
  • 1 groot, ryp tamatie, vel en saadjies verwyder en in blokkies gesny
  • Suiker, sout en grofgemaalde swartpeper
  • Ekstra olyfolie
  • Roket, grof gebreek (opsioneel)

Metode

Plaas die blomkool, vinkel, uie en tamaties in ‘n mengbak en bedruip met olyfolie. Meng liggies. Geur na smaak met sout en peper en plaas eweredig uitgesprei op ‘n bakplaat. Rooster op hoë hitte vir ‘n paar minute totdat daar so hier en daar ‘n swart spikkeltjie verskyn. Verwyder uit die oond en plaas opsy om af te koel tot kamertemperatuur.

Maak intussen die slaaisous: Meng die tamatiepasta, aftreksel en asyn en geur na smaak. Klits die olyfolie by en roer dan die sprietuie en tamatieblokkies daarby. Geur na smaak met suiker, sout en peper.

Net voor jy bedien, meng die blomkoolmengsel liggies met die roket (as jy gebruik), plaas in ‘n slaaibak en bedruip met die slaaisous, of bedien die slaaisous apart.

Lewer 6 ruim porsies saam met enige hoofgereg.

Maklik!