Ek het die pampoenkos gemaak op aandrang van my kleindogter Prinses Lea.
Pampoenkos
Course: MaalvleisPrep time
30
minutesCooking time
25
minutesBestanddele
500g beesmaalvleis
1 x 690 g bottel gekoopte tamatie- pastasous van jou keuse
750 ml gaarrys ( 3 koppies)
750 ml gaar pampoen fyn gedruk
20 ml olie
1 ui fyngekap
20 ml botter
2,5 ml fyn kaneel
sout en peper
Metode
- Stel die oond op 180C en smeer ‘n vierkantige oondbak.
- Braai die ui liggies in die olie. Voeg jou maalvleis by en braai tot dit begin kleur kry.
- Gooi die pastasous by die vleis en kook vir 10-15 minute tot dit alles begin dik word. Sout en peper na smaak Hou dit eenkant tot jy dit nodig kry.
- Terwyl die pampoen warm is, roer die kaneel, botter en sout en peper by.
- Plaas jou rys onder in die oondbak.
- Skep die pampoen op die ry.
- Skep die maalvleis op die pampoen.
- Bak in die oond vir 25 minute.

Oe!hoe!!!! Hierdie Pampoenkos lyk darem altevol lekker, ek gaan dit sommer more maak!!!! Baie dankie Marinda Kook en Prinses Lea 🧡🧡🧡❤️❤️❤️
Sanette, dis heerlik en maklik. Jy kan die maalvleis geur net soos jy wil en so ook die pampoen.
Liefde
Marinda