Ligte happies, Seekos

Snoekfrikadelle

10 comments

As die snoek loop in die Weskus moet jy snoek gaarmaak. Ons het gisteraand ‘n snoek oor die kole gebraai met suurlemoen en knoffelbotter. Met die snoek wat oor was, het ek viskoekies of visfrikkadelle gemaak.

Snoekfrikadelle

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 800g gaar snoek gevlok

  • 250 ml mash (so een groot aartappel)

  • 1 suurlemoen se sap en skil fyngerasper

  • 250 ml fyngekapte pietersielie (jy kan meer ook insit)

  • 1 pakkie bruinuiesoppoeier

  • 1 ui fyn gerasper

  • sout en witpeper na smaak

  • broodkrummels om in te rol

Metode

  • Meng die vis, ui, pietersielie, suurlemoensap, suurlemoenskil, mash, soppoeier en sout en peper saam in ‘n bak.
  • Vorm balletjies en druk dit bietjie plat met jou hand. (Ek het ‘n groot roomysskepper gebruik).
  • Rol die koekies in die broodkrummels en sit dit op ‘n bakplaat met bakpapier in die yskas vir 1 uur.
  • Bak dit tot goudbruin in olie, in die oond of in die Airfryer. Ek hou daarvan om myne in ‘n pan met vlakolie op die stoof te braai. Dreineer dit op kombuispapier.

10 Comments

  1. Lus ek nou daai viskoekies! Gaan hulle beslis nog maak. Vrek oor ‘n snoek!

  2. Dankie vriendin disnop my menu vandag.

  3. Sjoe Marinda, gaan definitief die snoek frikkadel vannaand doen. Baie dankie dat jy jou resepte met ons deel

  4. Hi Marinda, ek is nie n wafferse kok nie, maar my spreekwoord deesdae is ” ek sal gou by Marinda hoor, hoe maak mens….het ek die snoekfrakadeltjies geniet! die soppoeir was eintlik n verasing maar hy werk soos n bom, dankie hoor….

  5. Johan Bekker

    Marinda baie dankie vir jou resepte. Ek is n wewenaar maar danksy jou resepte eet ek elke dag baie lekker.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*