Groente

Pampoenmoes

Comments are Disabled

Pampoenmoes

Bestanddele

  • 1 botterskorsie
  • 10 snye brood
  • 250 ml botter
  • 125 ml fynkaneelsuiker
  • sout en peper

Metode

Skil en sny die botterskorsie in dik snye.

Smeer die brood dik met botter en sny in driehoekies.

Pak ‘n laag botterskorsie, ‘n laag brood, en strooi met kaneelsuiker. Sout en peper tussen die lae deur.

Herhaal die lae en eindig met ‘n laag botterskorsie.

Stip botter oor die boonste laag kaneelbrood.

Bak met foelie in die oond vir 1 uur by 180 grade Celsius.

Haal foelie af en bak vir nog 5 minute.

Maklik!

Comments are closed.