Bestanddele
- 3 aartappels fyn gerasper
- 1 eier liggies geklits
- 10 ml meel
- 2,5 ml bakpoeier
- sout en peper na smaak
- halwe ui fyn gerasper
- 2 sprietuie fyn gekap
- suurroom en biltong vir opdiening
Metode
Druk alle water uit die gerasperde aartappel en sprietuie.
Meng die res van die bestanddele by.
Bak in vlak olie vir 8 minute aan ‘n kant.
Dreineer op kombuispapier.
Bedien met suurroom en biltong.
Maklik!