Seekos

Retro Tunavorm Mousse

14 comments

My ma het altyd vir high days and holidays die visvorm gemaak. – en ons het gedink dis wonderlik.  Toe kom daar n stadium in my lewe wat ek my so half geskaam het vir gestolde geregte.  Nie meer nie!  Ek eet hierdie visvorm met n lied in my hart.  Ek sit haar voor vir gaste en hulle eet en vra die resep.  Ek maak gewoonlik my visgereg in n ringpan of so n koper visvorm of broodpannetjie.  Vandag het ek egter klomp klein vormpies gemaak om vir elke gas sy of haar eie te gee.  Die gereg kan dien as n hoofmaal , voorgereg of peusel-ietsie saam met n beskuitjie en n glasie koud.  Veelsydig is haar naam.tunavorm en wieldoppe blog 090

Jy kan die vis vries en uithaal vir daardie dag wat die man oor die bult kom wat jy nie verwag het nie.

 

BENODIG:

  •  3 blikkies tuna in water
  • 1 ui
  • 4 gherkins
  • 1 koppie ongekapte pietersielie
  • 350 ml mayonaise
  • 100 ml tamatiesous
  • 10 ml tabasco (jy kan uitlos)tunavorm en wieldoppe blog 042
  • 5 ml suiker
  • sout en peper
  • 15 ml gelatine
  • 125 ml warmwatertunavorm en wieldoppe blog 049

NOU:

  1. kap die ui, pietersielie en gherkins  fyn in n voedselverwerker of met jou handtunavorm en wieldoppe blog 064
  2. gooi die water van die vis af en gooi die vis in n mengbaktunavorm en wieldoppe blog 061
  3. gooi die warmwater in n koppie en strooi die gelatine bo- oortunavorm en wieldoppe blog 056
  4. sit die tamatiesous, mayonaise, suiker en tabasco in n ander bak en roer dit
  5. roer nou die gelatine totdat dit opgelos het in die water en gooi by die mayonaise-mengseltunavorm en wieldoppe blog 073
  6. gooi nou alles bymekaar en roer goed deurtunavorm en wieldoppe blog 068
  7. spuit jou houers  met spray and cook
  8. gooi jou vismengsel in die houerstunavorm en wieldoppe blog 076
  9. sit in die yskas en laat dit stoltunavorm en wieldoppe blog 077tunavorm en wieldoppe blog 086

Kies jou heel mooiste blaarslaai en bedien dit saam met brood of beskuitjies en smul aan die gesonde happie tot jy wel behaag is.tunavorm en wieldoppe blog 095

Onthou jy kan dit vries vir die onverwagte gaste.tunavorm en wieldoppe blog 106

14 Comments

  1. Eliza van der Walt

    Wow klink lekker. Het jy n website?

  2. Pollie mereis

    Dit klink heerlik en ek gaan dit beslis probeer, ek hou van die afsonderlike vormpies! Baie dankie, Pollie

  3. Pollie Mereis

    Dit klink heerlik en ek gaan dit beslis probeer. Die afsonderlike vormpies is ‘n baie oulike idee vir gaste.
    Baie dankie
    Pollie

    • marindakook

      Pollie, dit bly n wenner. Wat lekker is, is dat mens dit kan vries en net weer uithaal voor die tyd. Geniet dit.
      Marinda

  4. Gaan dit beslis weer maak!

  5. Stupid vraag, vries mens dit in die bakkie, of eers uithaal?

  6. Ek het dit gemaak en dit is heeeerlik, baie dankie

  7. Hi Marinda,

    Jy het vriendin Paula op Saldanha – alle geval sy maak ‘n heerlike vis vorm..waar kan ek resep kry asb.
    dankie
    Elize

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*